Although academic education is a priority for us, it is equally important to form balanced learners. Therefore, Sport and Culture are essential for the growth of a balanced learner.
Each staff member flourishes with the smile of a child which is the product of effective learning
“Education is our passport to the future, for tomorrow belongs to the people who prepare for it today” – Malcom X
We build good relationships, inspire and love to stay in touch and get feedback from our current and previous Mountview Primary School family.
George Preprimêre Skool het vir my ‘n sterk fondasie geskep waarop ek myself kon bou. Ek het geleer dat jy elke dag hard moet werk en dat daar altyd kans is om nog te speel en jouself te geniet. Harde werk word beloon.
Wat onthou jy van dit wat julle gedoen het? Daai borrels blaas!!
Ons het ‘n 5 jaar pad met die personeel en kinders van George Preprimêr gestap. En kyk dit was net een lang plesierrit. Nie alleen leer hulle al vroeg-vroeg van wimpers, ooghare en naeltjies nie. Maar ook van lekker speel, lekker sing en lekker konsert hou. Ons onthou so goed as ons dogters by die huis gekom het met ‘n nuwe rympie of ‘n nuwe liedjie, dan moes die hele gesin saam sing en saam opsê. Dit is ‘n skool wat ons met ‘n oop gemoed sal aanbeveel. Die deernis van die personeel is merkbaar. Hulle was daar vir elke stukkie pret, lag en ook om trane af te vee. Elke les wat die onnies voorberei het, elke uitstappie, elke aktiwiteit was deeglik beplan. Ons was deel van GPP se pretstappe, kermisse, Eisteddfod opvoerings en konserte. Ons dogters het as klein kindertjies daar ingestap en as jong, dinamiese kinders daar uitgestap. Dankie GPP
Wat kan ek onthou van George Preprimêr:
Ek het geleer om altyd eerste die hoeke te bou van ‘n legkaart. Ons het elke Vrydag ook ‘n legkaart kompetisie gehou. Dinsdae was dit poppekas. Ons het so lekker gelag vir die poppe. Ek onthou ook as ons klaar was met ons takies kon ons in die klas se pophuis speel. Ek was mal daarvoor.
Wat kan ek onthou van George Preprimêr:
Een van my gunsteling herinneringe was wanneer die hele skool op ‘n Vrydagoggend die Here se naam te loof en prys. As almal eers saam sing was dit regtig onvergeetlik. O ja, en toe ons op fietse kon ry: dit was altyd ‘n resies om te kyk wie die pienk en pers fiets met die tossels aan die kante eerste kon kry. George Preprimêr sal vir altyd n goeie herinnering wees!